Leef elke dag voluit

Vir diegene van ons wat al oor die 50 of 60 trek, is daar baie veranderings wat in ons lewens plaasvind. Meestal is al die kinders uit die huis, jy staan up die punt om af te tree, en deesdae beteken aftree iets baie anders as wat ons ouers gedoen het. ‘Aftree’ beteken nou om heeltemal ‘n nuwe, interessante en opwindende lewe te betree – een van bemagtiging en hernuwing. Dis nie vir ons beskore om net op die stoep te sit en koffie drink nie – ONS gaan nuwe uitdagings aanneem en hierdie derde fase van ons lewe omskep in iets wonderliks!

Maar vir baie mense is hul identiteit gekoppel aan wie hulle is in hulle werk – Rekenmeester, Veiligheidswag, Direkteur, Ingenieur of wat ookal. Meeste mense maak voorsiening vir die geldelike kant van aftreding – genoeg om van te lewe, genoeg om ‘n bietjie te reis en vir die kinders te kan gaan kuier – maar min mense maak niks of geen voorsiening vir die geestelike sy van aftreding nie. Vir meeste mense kom dit as ‘n skok as hulle skielik besef dat hulle nou “niemand” is nie – hulle kan nie meer sê “Hallo, ek is Ben, die Direkteur van XXX Maatskappy” nie, en vir menige mense lei dit tot ‘n gevoel van nutteloosheid en asof hulle rigtingloos is, ‘n gevoel dat hulle maar net so wel op die stoep kan bly sit.

Maar dit hoef nie so te wees nie. Die wêreld het verander en daar is verskillende keuses beskikbaar vir ons. En die een keuse is om jouself geestelik voor te berei vir ‘n lewensstyl wat heeltemal anders is as waaraan jy gewoond is, maar een wat ook wonderlik en bemagtigend gaan wees. En dit beteken ons moet “self-doelgerig” wees.

Self-doelgerigtheid bedoel jy moet diep binne jouself delf om te ontdek wie jy eintlik is, vir dít wat vir jou belangrik is – jou mees geliefde belangstellings en aktiwiteite, jou verhoudings met familie en vriende en doelpunte wat jy nog wil bereik. Sodra jy hierdie dinge kan identifiseer, kan jy waarlik ‘n poging aanwend om hierdie belangrike aktiwiteite in jou aftredingsplan in te sluit en as sulks jou eie ‘lewensverhaal vir die toekoms’ te skryf.

So dit maak nie saak hoe oud jy is nie – jy is gelukkig as jy nou nog 20 jaar oud is, want dit beteken dat jy tyd het – JY KAN VANDAG BEGIN – om ‘n lewe vol oorvloed en welvaart te skep!

Hierdie is JOU lewe – leef elke dag voluit tot jou laaste!

. 

Alleen-tyd


Toe ek hierdie artikel oor eie-tyd en ALLEEN wees begin skryf, het ek op die internet gesoek na ‘n mooi aanhaling of gediggie om hier te plaas, maar al wat ek op afgekom het was dinge soos, “Om alleen te wees is om sonder liefde te wees”, “Nou is ek alleen, die pad lyk donker, eensaam en dood” en “dit is swaar om alleen te wees”.

Nêrens is daar iets goeds of positiefs te vinde oor ‘alleen’ wees nie. Selfs Wikipedia beskryf iemand wat daarvan hou om alleen te wees as “iemand wat menslike wisselwerking vermy, uiterste vorme van skuheid en ingekeerdheid openbaar of aan sielsiektes ly.” Hoe op aarde het die mensdom tot hierdie gevolgtrekkings gekom…?

Ek verstaan heeltemal die gevoel van verlies wanneer mens ‘n geliefde verloor of ‘n verhouding tot ‘n einde kom, maar selfs dít is nie ‘n rede om alleen-wees te vrees nie. Om bang te wees om alleen te wees is soos om te sê, ‘iewers langs my lewenspad het ek my eiewaarde verloor. Ek het myself nie lief genoeg om my eie geselskap te waardeer nie’.

Nou het ek heeltemal van die paadjie af gedwaal! Nee, ek wou skryf oor die salige gevoel van alleen wees met jouself en dit geniet, daardie eie-tyd waarna soveel mense smag maar nie weet hoe om te bewerkstellig nie. Hulle voel skuldig as hulle bietjie tyd aan hulself spandeer met die gevolg dat elke oomblik gevul word deur ander mense se behoeftes te vervul en sodoende leer hulle nooit om alleen-wees te geniet nie.

As kinders is ek en my susters en broer baie aangemoedig om buite te speel, ons eie ding te doen en om ons eie geselskap te geniet. Dit het ons geleer om kreatief te wees, meer te dink aan oplossings vir probleme, selfstandige besluite te neem en om te verstaan wanneer ander mense alleen wil wees.

Daardie eie-tyd gun mens die kans om die lewe in die regte perspektief te sien, dankbaarheid te beoefen en toe te laat dat oorvloed jou lewe betree sodat, selfs wanneer jy alleen is, jy nie eensaam sal wees nie.

N.S.—(Lees die kommentaar, en hier is die gedig wat Crista van Staden vir my “geskryf” het 🙂

baie dankie Christa!

Gedagte vir die nuwe jaar …

Wat beteken OORVLOED, of welvaart, vir jou? Is dit miljoene in die bank? Is dit gemoedsrus? Is dit ‘n gelukkige familielewe? Beteken dit gesondheid vir jou of beteken dit ‘n werk waaroor jy passievol is? Of is dit al hierdie dinge saam?   

Net om te léwe, om deel te wees van hierdie fenomonale Heelal, om tyd deur te bring hier op Moeder Aarde, dui al klaar op oorvloed. Dan kan jy al die bogenoemde dinge bylas, en watter wonderlike ondervinding is dit nie!

:: 

Micky is só pragtig en plomp!

Elke oggend betree die trotse hoenderhaan die hoenderhok.   

Saggies soen hy nege van tien henne. Maar van die tiende hoenderhen pluk hy ‘n veer. So gaan dit aan van dag tot dag…. die nege gesoende hoenders is bly, en die tiende hoender dra die pyn geduldig. 

Maar op die 14de dag  het die  hoenderhen nou genoeg van hierdie prosedure  gehad en sy skree vir die haan:  “Jy kom elke oggend breëbors  hier ingestap en soen  al die nege ander henne. Maar by my pluk jy  ‘n veer! Wat’s jou plan?!“

Die haan fluister in haar oor: 

“Vir jou wil ek kaalgat sien, Skattie!”

‘n Plan B

 

.
Ek sit nou hier en dink aan die verganklikheid van die lewe – en die ouderdom. Dis nog nooit juis iets waaraan ek aandag gegee het nie. Mens word ouer, jy kan minder doen, jou vel is meer verrimpeld (en nog meer!), en daar is ’n paar skete en pyne. Gelukkig is ek nog vol energie, het goeie gesondheid (was laas in die hospitaal met die geboorte van my dogter 47 jaar terug) en my brein is nog so skerp soos ’n naald. My geheue ook.

Waaroor dit nou eintlik gaan is die feit dat ek artritis ontwikkel het in my duime. Ek sukkel om ’n speld van die lessenaar af op te tel en het so nou en dan pyn, veral in die winter. En daar’s swelsel. En ’n knopperige been wat ek net bokant elke duim kan voel. Andersins is daar nie probleme met my hande (of duime nie), ek kan nog goed soos bottels en allerhande dinge perfek hanteer en optel (oopmaak is nie meer so maklik nie en aartappels skil is baie moeilik) en ek kan nog my verfkwas en potlood vashou. En ek kan nog (vinnig) tik op my rekenaar se sleutelbord. Dit verg min duim-verbruik.

Nou hier’s die ding – wat gebeur die dag as ek nie meer my verfkwas kan vashou nie? As ek nie meer kan teken of skilder nie? As ek nie meer in my Joernale kan skryf nie? Dis waaruit my lewe bestaan – skilder. En tuinmaak. En herinneringe neerskryf. En wat gebeur die dag as ek nie meer daai dinge kan doen nie? Dis mos dan nou tyd om vooruit te dink en te besluit wat ek gaan doen indien so iets gebeur.

Nou, my pa het altyd gesê, moenie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie. Maar my geaardheid neig bietjie na vooruit beplan, bietjie van ’n “control freak”, alles het ’n plek en alles moet reg wees. Daar’s altyd ’n plan B ingeval dinge bietjie verkeerd loop. En wat ek nodig het is ’n plan B.

Maar voor ons by Plan B uitkom, eerste van alles, ek glo in die doktrine van Louise Hay, dat al ons siektes en skete vanaf ons gedagte-patroon afkomstig is. En in haar boek “Heal Your Body with your Mind” is die oorsaak van artritis in ledemate as volg : “Arthritis in joints represents changes in direction in life and the ease of these movements.” Reg. Dit verstaan ek. Ons is nou op die ouderdom (ek is hierdie jaar 71) waar ons afgetree het en in die proses is om ons plot, waar ons al 42 jaar woonagtig is, te verkoop en kus toe te verhuis. Dis ’n groot verandering. Daar’s gedagtes van my tuin, al my diere, my hoenders, te veel goed in ’n groot 3-slaapkamer huis om saam te neem en wat van alles gaan word.

Die nuwe gedagte-patroon om aan te leer, volgens Louise, is, “I easily flow with change. My life is Divinely guided and I am always going in the best direction.” Lees weer, “Best direction”, nie “right direction” nie. My pa het ook altyd gesê, alles gebeur vir die beste. Mens kan nooit sê watter besluit is reg of verkeerd nie, dis net ’n besluit, maar wat jy met die besluit doen is wat belangrik is. En nou die dag het ek ook afgekom op hierdie pragtige gesegde : ♥ “I am not sad because it is over, I am smiling because it happened.”

.
Al my herinneringe is veilig, ek sal vir ewig dankbaar wees vir die lewe wat ek hier gehad het, die diere wat ek lief gehad het en wat vir my lief was, al die ondervindings en al die lief en leed. So, van hier af beweeg ek met gemak vorentoe in die beste rigting wat ek kan. En koebaai artritis.

Nou vir Plan B. Sonder artritis gaan ek nog verf en skilder en teken en skryf totdat ek ’n honderd jaar oud is. Ek gaan nog nuwe saadjies saai en plantjies in ’n stukkie grond plant, al is dit net in ’n potjie of twee. Ek gaan kaalvoet op die strand loop en skulpe optel, ek gaan saam met my dogter en kleinkinders rond kerjakker en nuwe dinge sien, nuwe dinge leer en nuwe dinge doen. En dit alles met ’n dankbare gevoel vir dit wat ek nog het wat perfek is.

My plekkie, my omgewing

Ek woon in Tarlton, Gauteng, aan die grens van die Noord-Wes Provinsie in Suid Afrika, op ‘n 8,5ha kleinhoewe, waar die natuur meeste van my sketse inspireer.

HIER IS MY PLEKKIE

Uitsig vanaf die tuin na die voordeur deur die Halleria lucida (Boom Fushcia)

Voordeur vanaf onder die Karees
DIE OMGEWING TARLTON is geleë half-pad tussen Krugersdorp en Magaliesburg, grensende aan die ‘Cradle of Humankind’ (Wieg van die Mensdom) wat ‘n ‘World Heritage Site’ verklaar is deur UNESCO in 1999, en is 50km Noord-Wes geleë vanaf Johannesburg in Suid-Afrika se Gauteng-provinsie.

Die gebied beslaan 474 vierkante-myl en bevat ‘n komplekse reeks grotte, insluitende Sterkfontein-grotte, waar die 2.3-miljoen jaar oue fossiel Australopithecus africanus (“Mrs. Ples”) gevind was in 1947 deur Dr. Robert Broom en John Robinson.

 

Die ondergrondse meer diep in die Sterkfontein-grotte, en wat die oorsprong van die Magaliesrivier is wat 15km verder by ‘n oog in Maloney’s Eye (sowat 5km vanaf Magaliesburg) uit die grond uitborrel.

Om en by 5km van ons af, is Maropeng, met 2500m² se uitstallings van fossiele en klip-gereedskap miljoene jaar oud, met ‘n ondergrondse bootrit deur gange van soliede ys en voorstellings van vulkane en Antarktieka, restaurant, koffie-winkel en curio winkel. Maropeng bedoel “om terug te keer na die plek van oorsprong” in Setswana.

Maropeng van agter gesien

Maropeng ingang

 

Bootrit deur ondergrondse ys-tonnels

 

Een van die gange in Maropeng

 

Nog een van die gange – Evolusie van die Mens
Omtrent 10km vanaf ons geleë is die 1400-hektaar Krugersdorp Wildtuin, met Wit Renosters, Buffels, Kameelperde, Seekoeie, Swart Wildebeest, Zebras en vele bokspesies, insluitende die raar Sable Antelope, Tsessebe, Elande, Waterbokke, Koedoes, Oryx, Rooi Hartebeeste, Blesbokke, Springbokke en Impala, met ‘n spesiale 100ha afgekampte Leeu area in die middel van die wildtuin (waar die eienaar, Dirk Brink, so twee jaar gelede deur ‘n trop leeus aangeval en verskeur is). Die wildtuin spog met die uitstekende Ngonyama Restaurant en offer ook ware Afrika verblyf.

Ingang na die Krugersdorp Wildtuin

 

‘n Dam in die wildtuin waar ek al menigmaal skilpaaie of ander diertjies en voëls vrylaat.

 


Skuins oorkant ons plot is die welbekende Tarlton International Raceway, waar ‘dragsters’ die kwart-myl rekords verbreek en dorstiglik brandstof en buitebande verbrand!

Ons is ook omring deur vele volstruis-plase, vee-, groente- en blomplase, verskeie besighede, B & B’s en bloekombome, wat aangeplant is vanuit Australia vir die gebruik van houtpale en -stutte in die vele myne in die omgewing.

Rustenburg is ‘n uur se bestuur vanaf ons, Hartebeespoort Dam is so 40-minute ver en die ‘Magalies Meander’ strek vanaf Tarlton, deur Magaliesburg en deur Hekpoort, Vlakdrif, Maanhaarrand, Skeerpoort en tot by Hartebeeshoek, naby Broederstroom.

‘n Pragtige gedeelte van Gauteng om woonagtig te wees!

Laat jou slaapkamer weer stoom

Laat jou slaapkamer weer stoom

In een van die boeke wat ek onlangs gelees het, A-Z van Seks, sê Elmari Craig seksuoloog, huweliksberader en skrywer van die boek,

“God het seks aan ons gegee om binne die veilige ruimte wat die huwelik skep, te geniet. ʼn Gesonde seksuele verhouding is die diepste vorm van kommunikasie tussen twee mense wat mekaar intens liefhet en trou aan mekaar belowe het. Dit skep geborgenheid, intimiteit en nabyheid. Dit is die sement wat jou huwelik beskerm. ʼn Gesonde seksuele verhouding is as’t ware geestelike oorlogvoering vir jou huwelik. Ek glo dat God juis vir ons die seksuele kant van menswees gegee het – nie net vir prokreasie nie, maar ook vir rekreasie, vir die lekker! – om ons liefde vir mekaar te vier en te versterk.”

Hoewel baie getroude vroue seks binne die huwelik geniet, is daar tog baie skuldgevoelens en wanopvattings wanneer getroude seks ter sprake is. “God het ons as seksuele wesens geskape,” verduidelik Elmari. “Ons word so gebore en bly seksuele wesens tot die dag dat ons sterf. Seks is deel van die lewe. Ons word baie onskuldig gebore en mettertyd leer ons om ons seksuele gevoelens te onderdruk – soveel so dat dit selfs moeilik word om oor seks te praat. Baie mans en vroue het min, geen of ʼn negatiewe seksuele opvoeding gekry. Ons word geïnhibeerd en seksualiteit word ʼn baie private aangeleentheid, veral met ons Afrikaanse, Calvinistiese agtergrond. Vir meer as 2000 jaar word persepsies oor seksualiteit ook deur godsdiens gevorm, soos byvoorbeeld dat seks sonde is, dat dit nie iets is om te geniet nie en dat dit ʼn plig eerder as ʼn plesier moet wees.”

Elmari ontbloot die drie grootste seksmites wat getroudes steeds glo: “Baie paartjies glo seks is vervelig, dat vrouens nie van seks hou nie – veral nie om te eksperimenteer nie – en dat seks op ʼn sekere ouderdom nie meer belangrik of reg is nie. ʼn Vrou kan selfs ná jare se getroude lewe haar man in die slaapkamer verower as sy met hom WIL seks hê en dit saam met hom GENIET. Wees oop vir nuwe dinge, probeer af en toe iets nuuts – al is dit dieselfde ding op ʼn ander manier – en onthou om te lag. Humor in die slaapkamer is kosbaar en essensieel.”

JOU SEKSUELE SIKLUS

“Die goue reël vir die slaapkamer is dat enigiets binne die seksuele verhouding goed en reg is mits albei daartoe instem, gemaklik daarmee is en dit niemand emosioneel of fisiek skade berokken nie,” sê Elmari. Hier is wat jy in die verskillende fases van jou lewe te wagte kan wees:

  • Seks in jou 20s …

HOE DIT IS: “Jy en jou maat is in die ontdekkingsfase. Seksualiteit is ʼn proses om jou liggaam en behoeftes, sowel as die van jou maat, te leer ken.”

WAT IS NORMAAL: “Mans piek seksueel in hulle vroeë twintigs, maar vroue eers in hulle vroeë dertigs. In hierdie lewensfase waar alles nog opwindend is, het julle dalk meer gereeld seks as in die later jare.”

ALGEMENE PROBLEME: “ʼn Gebrek aan seksuele begeerte is algemeen by vroue aangesien hulle hul seksdrang lank onderdruk het en dit ná die troue weer moet optower. Paartjies kan ook  ʼn verskil in seksdrang ervaar terwyl sommige mans voortydige ejakulasie ondervind. Vaginismes, waar die kringspiere van die vagina só saamtrek dat penetrasie onmoontlik is, word gewoonlik ook in hierdie fase gediagnoseer. Spreek ʼn seksuoloog aangesien al hierdie probleme oplossings het.”

GROOTSTE UITDAGING:  “Omdat seks ʼn nuwe ervaring vir albei van julle is, is die grootste uitdaging om met mekaar te praat en gemaklik te raak met jou eie en jou maat se seksualiteit. Aanvaar seks as ’n Godgegewe gawe.”

DIE PLUSPUNT: “Julle is jonk en jeukerig en het krag vir allerhande nuwe dinge. Maak die beste van hierdie lewensfase waartydens julle net op mekaar ingestel hoef te wees.”

 

  • Seks in jou 30s …

HOE DIT IS: “Gewoonlik het dié lewensfase baie uitdagings soos loopbaaneise, swangerskap en pienkvoete. Slapelose nagte en borsvoeding is dikwels nie bevorderlik vir erotiese gedagtes nie. Dit is egter ook in hierdie fase waar die vrou gewoonlik haar seksuele piek bereik en sy uiteindelik met haarself en haar behoeftes kan vrede maak.”

WAT IS NORMAAL: “ʼn Fokus op die kwaliteit van die seksuele aktiwiteit eerder as die kwantiteit van seks is hier baie belangrik. In hierdie fase is die fokuspunt wedersydse behoeftebevrediging.”

ALGEMENE PROBLEME: “Soms kan ʼn gebrek aan seksuele begeerte in hierdie fase ontwikkel weens die eise van die lewe, ʼn gebrek aan emosionele intimiteit in die huwelik of onopgeloste konflik of gevoelens wat oor tyd opgebou het. Al hoe meer mans in hulle dertigerjare begin ook erektiele disfunksie ervaar weens hulle besige lewenstyle of erge spanning.”

GROOTSTE UITDAGING: “Stres en tydsbestuur vir emosionele en fisieke intimiteit is in hierdie fase die groot sondebok. Bly fokus op jou huwelik en jou huweliksmaat as eerste prioriteit, dan julle kinders en dan jou werk.”

DIE PLUSPUNT: “Jy het die insig om met jouself vrede te maak. Jy en jou maat ken julle seksuele behoeftes en kan nou openlik daaroor kommunikeer. Geniet dit!”

  •  Seks in jou 40’s …

HOE DIT IS: “Jy en jou maat kan nou net julleself wees. Jy het die wysheid om te weet dat niks perfek is nie. Jy kan gemaklik wees en van al jou inhibisies ontslae raak. Jou seksualiteit kan blom aangesien julle waarskynlik nou meer tyd het en die kinders meer onafhanklik is.”

WAT IS NORMAAL: “Jou estrogeenvlak mag begin daal en jy kan peri-menopousale simptome soos warm gloede, ongereelde maandstondes of vaginale droogheid begin ervaar. Hou dus altyd ʼn smeermiddel byderhand. Jou man het waarskynlik langer en meer direkte stimulasie van sy penis nodig en het ook ʼn langer refraktoriese fase (die tyd wat dit neem om weer ʼn ereksie te kry).”

ALGEMENE PROBLEME: “Vaginale droogheid is in hierdie fase ʼn algemene probleem en mans kan ook met erektiele disfunksie begin sukkel.”

GROOTSTE UITDAGING: “Dis baie belangrik om met jou veranderende lyf vrede te maak en mekaar op ʼn nuwe vlak seksueel te ontdek. Al speel julle reeds jare lank die spel van die liefde, moet julle probeer om dit opwindend, vars en nuut te hou.”

DIE PLUSPUNT: “Julle ken julle eie en mekaar se liggame en behoort nou gemaklik oor die seksuele te kan kommunikeer. Geniet die voordeel van tyd!” – Elmari Craig

(Ek wonder nou eintlik net wat het geword van seks in die 60’s…)

TIEN KENMERKE VAN ’N SEKSGODIN

’n Seksgodin …

  1. is altyd smeulend en sexy, al pas sy nie in ʼn nommer 32 nie! Sy het selfvertroue, is gemaklik met haar eie liggaam en vrygewig met haar seksualiteit.
  2. is die cheerleader wat haar man soos ’n kampioen-minnaar laat voel.
  3. weet hoe om vir wonderlike seks te beplan en daarvoor tyd te maak.
  4. laat haar man weet hoe baie sy hom en sy lyf geniet.
  5. weet hoe om haarself, die kamer en die oomblik soos ʼn persent ‘toe te draai’.
  6. maak die slaapkamer ʼn sensuele koninkryk – dit is nie die plek vir vuil wasgoed en kinderspeelgoed nie!
  7. is bereid om nuwe dinge te probeer en soms te eksperimenteer. Sy is altyd opwindend, vol verrassings en bereid om van haar inhibisies te vergeet.
  8. weet hoe om haar man seksueel te bevredig. Sy sorg dat sy die regte inligting kry om haar seksuele vaardighede te verbeter en luister na haar man se behoeftes.
  9. gee soms net aan haar sensuele behoeftes oor en oorrompel haar man op ʼn tyd en plek waar hy dit die minste verwag.
  10. weet hoe om die beste te maak van die feit dat mans visueel ingestel is. Sy doen moeite met higiëne, sensuele onderklere en klere en is soms onvoorspelbaar – ook in hoe sy lyk en aantrek.

 

WENKE VIR VA-VA-WOEMA!

  • Bedien allerhande verleidelike eetgoed in die slaapkamer en voer dit vir jou minnaar – ʼn sjokoladefontein of vrugte werk baie goed.
  • Loop ʼn bietjie braloos met net ʼn dun T-hempie aan rond wanneer julle weer alleen by die huis is.
  • Hou ʼn modeparade vir jou man en modelleer ʼn paar nuwe sexy items vir hom (al is die kanse goed dat jy dit net vir ʼn klein rukkie gaan aanhê!).
  • Verander julle bad in ʼn luukse spa met allerhande bederfgoed soos olies, smeermiddels en kerse. Wees ook kreatief met die ‘dienste’ wat by die spa jy aan jou man lewer.
  • Gee ʼn gewone romantiese afspraak nuwe oemf deur ʼn spesiale tema daaraan te koppel. Hou ʼn Franse aand en bedien net Franse cuisine. Vir poeding oefen julle dan French kissing.
  • Gebruik die ontmoet-my-tegniek. Los ʼn boodskap op jou man se foon of nooi hom per e-pos om jou iewers te ontmoet. Los vir hom verleidelike instruksies soos: “Ontmoet my om 18:00 by die Sheraton-hotel se ingangsportaal. Onthou jou tandeborsel.”
  • Gebruik jou rooiste lipstiffie om vir hom ʼn boodskap op die spieël te skryf, byvoorbeeld: “Môre mnr. Sexy! Kom ons gaan laai die kinders vanaand vroeg by jou ouers af … ek het ʼn opwindende plan vir die aand. xxx”
  • Gee hom die oggend ʼn energiestafie saam werk toe. Sit ʼn nota daarby om hom in te lig dat hy die energie vir vanaand gaan nodig kry.
  • Sê vir jou man jy het iewers parfuum aan jou gespuit en dat hy jou moet help om dit op te spoor.
  • Begroot om elke maand ʼn sekere bedrag op julle sekslewe te spandeer. Koop items soos luukse lakens, lingerie of gebruik dit vir ʼn aandjie of naweke saam weg.

 

Ek wens almal ‘n vreugdevolle en seksie naweek toe!

Groete,

MAREE

Jy is ‘n Skepper; Jy Skep Met Jou Gedagtes

Meesal skep jy outomaties want jy ontvang waaroor jy dink, of jy dit nou wil hê of nie, maar jy weet deur hoe jy voel of dít wat jy ontvang (skep) is wat jy wil hê. (Waar is jou aandag gefokus?) 

Jy is ‘n Fisiese Verlenging van Dít Wat Nie-Fisies is

Alles-Wat-Is, of die Heelal, is nie klaar en wag vir jou om op te vang nie. Jy is die voorbeeld van Gedagte wat meer nastreef : meer van alles wat goed voel meer van dít wat nuut en glorieryk is. (Jy bring, in wese, hemel na aarde.)

 

Die Grondstuk van Jou Lewe is Vryheid; Die Doel van Jou Lewe is Vreugde

Jy kan vrylik kies om nuwe paaie van vreugde te ontdek. In vreugde sal jy groei; en in jou groei sal jy bytel tot Alles-Wat-Is. (Ewenwel is jy ook vry om gebondenheid of pyn te kies… maar enige iets wat enigeen kies is omdat hulle glo dat dit hulle beter sal laat voel.)

 

Enige Iets Wat Jy Jou Kan Voorstel is Joune om te Doen of te Besit

Sodra jy jouself vra hoekom jy dit wil hê, word die kern van jou begeerte ge-aktiveer. Hoe sterker jou positiewe gevoelens hoe vinniger ontvang jy dit. (Dit is ewe maklik om ‘n kasteel to skep as is ‘n knoop.)

 

Die Heelal Het Jou Lief; Want Dit ken jou Diepste Begeertes

Jy het na hierdie aarde gekom met groot en wonderlike voornemes en lei jou gedurig op jou gekose paadjie. Wanneer jy goed voel dan laat jy meer in van dít wat jy jou voorgeneem het. (Jy verpersoonlik inspirasie en lewenskrag.)

Ontspan Tot in Jou Natuurlike Welwillendheid. Alles is Volkome in Ewewig. (Regtig, dit is!)

Die kern van alles wat jy waardeer vloei gedurig tot in jou realiteit. Soos jy meer vind om te waardeer, sal jou toestand van waardering meer kanale skep om voor dankbaar te voel. (Terwyl jy dink, vibreer jy. Terwyl jy vibreer, skep jy.)

 

Jy is ‘n Skepper van Gedagtebane Omtrent Jou Eie Pad van Vreugde

Niemand kan keer waarheen jy jou gedagtes lei nie. Daar is geen einde aan die vreugdevolle reise wat jy kan ondervind nie. Op die paadjie na jou geluk sal jy alles wat jy wil doen, wees of verlang, ontvang. (Deur ander hul eie reistog toe te laat, laat jy joune toe.)

 

Aksies Wat Jy Neem en Geld Wat Jy Verruil is By-produkte van Jou Fokus Op Vreugde

Op jou bewustelike genotvolle reis sal jou aksies geϊnspireerd wees, jou hulpbronne sal oorvloedig wees en jy sal weet deur hoe jy voel dat jy jou motief vir die lewe vervuldig.

(Meeste het dit agterstevoor, so hulle voel vreugde in hul aksies of besittings.)

 

Jy Kan Van Jou Liggaam Afskeid Neem Sonder Siekte of Pyn

Dit is nie nodig dat jy siekte of pyn aantrek as ‘n verskoning om hierdie lewe te verlaat nie. Jou natuurlike keuse van om hierheen te kom, hier te bly of om te vertrek is een van gesondheid en welwillendheid. (Jy is vry om anders te besluit.)

 

Jy Kan Nie Sterf Nie; Jy is Ewige Lewe

Met genade kan jy kies om te ontspan en om saggies terug te gly in jou nie-fisiese staat van pure, positiewe Energie. Jou natuurlike staat is een van Ewigheid. (Geniet alles – verhelder! Jy kan dit nie verkeerd kry nie.)

Maklike, Vreugdevolle Vakansietyd Gewaarborg


Dis alweer amper vakansie tyd! (OK, ek weet dis nog ‘n paar maande, maar mens kannie vroeg genoeg voorbereid wees nie!) Vir baie tower dit visies op van nostalgie en opwinding, vir ander paniek oor die lang Dinge-Om-Te-Doen-lys en groeiende uitgawes. Gedurende hierdie tyd is SELFSORG meer belangrik as ooit…

Jy kan hierdie jaar ‘n wonderlike en vreugdevolle vakansieseisoen beleef maak nie saak hoe groot jou begroting is of wat mense se houdings om jou is nie.

Volg die stappe hier onder en skep jou gelukkigste en maklikste vakansieseisoen ooit!

Sewe stappe om ‘n Spesiale Vakansieseisoen te skep

  1. Identifiseer Wat Jy Wil Hê

Neem ‘n oomblik en maak jou oë toe – dink aan die komende vakansietyd. As jy dit volmaak kon skep, presies net soos jy dit wil hê – hoe sal jou vakansie lyk?

Sluit dit in om tyd deur te bring saam met die familie?

Moet die inkopies vinnig en maklik gedaan wees?

Miskien ‘n reis na ‘n eksotiese destinasie?

Wat dit ookal is, neem ‘n bietjie tyd en skryf dit op ‘n stukkie papier.

 

  1. Bepaal Jou Voorneme

Noudat jy besluit het wat jy van die vakansie verwag, stel ‘n voorneme om dit te bewaarheid. Voorname is ‘n eenvoudige, dog uiters magtige platform vir manifestasie. Wanneer jy helderheid bereik omtrent jou ideale vakansietyd, dan stel jy jou voorneme (en plaas jou bestelling met die Heelal).

Skryf nou jou voornemes onder jou notas wat jy gemaak het vir ‘n perfekte vakansieseisoen.

Begin met “My voornemes vir die vakansie sluit in …” en maak ‘n lys van alles wat jy wil hê. Aan die einde van die lys, sê “Dit alles en nog Meer!”, waardeur jy die voorneme stel om te ontvang vir dit waarvoor jy gevra het. 

                 

  1. Bepaal Strukture om Jou Voornemes te Ondersteun

‘n Nuwe gewoonte verlang ‘n ondersteunings-struktuur om dit te help bewaarheid, bv. as jy jou eet gewoontes wil verander, laat familie en vriende weet, verwyder alle “sonde-kos” uit die huis, vra vir ondersteuning, ens. sodat daar nie later probleme is nie.

Om ‘n wonderlike vakansieseisoen te skep is ‘n similêre proses. Jy weet wat jy wil hê en jy het jou voornemes gestel. Die volgende stap is om jou plan te ondersteun en te beskerm.

 

  1. Maak Besluite Gebasseer op Jou Visie

Een van die beste bykomstige gevolge van ‘n helder visie omtrent jou droom is dat jy dit kan gebruik om besluite te neem.

Byvoorbeeld, as jou voorneme vir die vakansie is om tuis te bly met jou familie en jy kry ‘n oproep van jou skoon-ouers wat sê hulle wil kom kuier, dan weet jy presies hoe om te reageer! As jou voorneme is om minder geld op geskenke te spandeer, dan kan jy almal waarsku dat dit is wat jy van plan is om te doen en sodoende konflik vermy.

 

  1. Beoefen Self-Sorg

Soos die Lugwaardin vermaan, ‘sit eerste jou eie suurstof masker op voor jy probeer om andere te help, want as jy nie kan asemhaal nie, kan jy niemand anders help nie” —dit bedoel jy moet eers vir jouself sorg voor jy vir ander kan sorg. Prioritiseer jou self-sorg items bo aan jou Dinge-Om-Te-Doen-lys en ek waarborg jy sal meer energie en vitaliteit hê om al jou take te verrig.

Self—sorg items kan as volg wees :

~ trakteer jouself met ‘n lekker skuimbad of massering aan die einde van ‘n lang inkopiedag;

~ doen elke oggend ‘n meditasie of ‘n gebed om helderheid te kry vir die dag wat voorlê;

~ of se “nee” aan vakansie uitnodigings waarvoor jy nie lus is nie.

 

  1. Maak dit Pret!

Vakansietyd kan baie stresvol wees. Jy moet geskenke koop en toedraai, kos voorberei, besige winkelsentrums, ens. Al verkies almal om jou om stresvol te wees, kan jy kies om pret te hê.

Dit kan insluit om vir mense te glimlag (selfs die knorrige lot!) of om iets nuuts by jul normale viering te voeg.

As jy nie seker is hoe om pret te beplan nie, neem ‘n oomblik en bestudeer kinders. Hulle lief hierdie tyd van die jaar en is vol opwinding. Aap hulle net na!

 

  1. Hou dit Maklik!

Met die beplanning en uitvoering van jou vakansie planne, onthou om dit maklik te hou. Sodra jy oorstelp begin voel, vra jouself hoe dinge ‘n bietjie makliker kan maak. Jy kan dalk familie en vriende waarsku dat jy beplan om ‘n ‘maklike’kersseisoen te hê en vra of hulle enige idees het.

 

Deur te hou by jou planne vir die vakansies en deur hierdie eenvoudige stappe te volg, kan jy jou beste kersseisoen OOIT beleef!

Ek wens almal ‘n voorspoedige vakansieseisoen and Hit the easy button folks!

Groete,

Feathers appear when angels are near

 

Clearfeathersappear

 

A Dandelion flower and a feather in my garden, Tarlton (Gauteng, South Africa)
.
The internet is full of “when you find a feather, what does it mean?” I read up on some of these and the overall conclusion is that, when you find a feather, it is a sign that you are going to get a message soon. Or that some thing or another is going to happen to you. And if the feather is white, it is a message from an angel. A black one means that the guardian of your soul is near.

Now I (maybe) understand that city folk might look upon finding a feather as some sort of a sign, but for us country folk, feathers are a big part of everyday life, especially if you happen to have (13) chickens, and lots of garden birds, like I do. My yard is covered in feathers, especially during moulting season. White ones, orange ones, grey ones, black ones, yellow ones and mottled ones – virtually every colour of the rainbow, even blue and purple.

Don’t get me wrong, I am totally enchanted by every feather I see, some more beautiful than others, but I regard them as part of one of nature’s wonders, like falling leaves and baby chicks and tiny flowers.

One woman wrote that she found a feather “around odd places where birds don’t fly around” and was wondering what the message could be. Has she ever considered that the wind might be playing a part in this? Or is my garden just filled with messages from angels?

A week for gardening ideas

It’s Spring! and time for cleaning out, re-organising, re-vamping and generally just getting inspired! Many of my succulents are now starting to outgrow their pots and the time has come for me to start a new succulent garden (if I can find a sunny enough spot!), so I scoured the internet for some ideas.

My Echeveria harmsii have been growing beautifully in their respective pots and getting a bit pot-bound, so this seems like a lovely idea to put them in the garden – I can already see them thriving and spreading!

Or perhaps some of them can go into bigger, more exciting pots.

 

A re-vamp of my garden path or a new path, surrounded by succulents, is also in order!
A nice idea for transplanting my Aloe cooperi (Grass Aloe) amongst some rocks (the pic is Aloe verecunda)
I’ve got some Echinopsis cacti in the garden that are not looking too well after the winter (they don’t like frost) so I’ll get a nice pot for them where I can keep them on the patio and tend to them until they’re in perfect condition again.
A sunny, north-facing wall will be ideal to display some of my bigger specimens.
Echeverias planted en masse always look good!
A lovely idea for displaying some Echeverias and I DO have a chair similar to this!
My little corner similar to this has succumbed to my girls’ constant scratching, so time to transplant the Echeverias and add new pebbles
This seemed like a lovely idea for against a sunny wall, until I started worrying about all the work of maintaining and watering them!
A beautifully laid out succulent garden! Something to strive for! (Image Willem Van Greunen in ‘MinWater’ group on FaceBook)
I just love palettes! A beautiful idea for a lounge or dining room, except I haven’t got any big windows like this…
The Aloe Farm’s display on their side-walk (you’ll find them on FaceBook)
I apologise that I don’t have links for all the images, but I forgot to copy it and can’t find any of them now! So if you find your picture here, please feel free to contact me! Smile!
So, armed with lots of inspiration, there’s no excuse for my garden not looking beautiful this summer!