Noudat alles verby is

 

1.SonsopkomsTarlton

… wat het jy gister gedoen wat die moeite werd is om te noem?

 

Ek het baie gedoen. Ek moes vroeg buitentoe gaan om te sien hoekom die hoenders so tekere gaan en het toe gesien hoe die son opkom agter die bome op die onderkant van ons plot. Dis min dat ek in die winter so vroeg buite is en dit was rééds op my lysie van dinge om te doen, om weer ‘n sonsopkoms te aanskou.

 

18b28-2-veer

Op pad terug het ek op hierdie veer afgekom en natuurlik moes ek gou die kamera gaan haal. Hulle sê mos dis ‘n ‘blessing’ om op ‘n veer af te kom en ek het sommer gewéét dat my dag spesiaal gaan wees! Nog in my pajamas het ek met my stomende koppie koffie op die stoep gesit en myself verwonder oor die voëltjies wat van vroeg af al so vrolik die dag begroet. Hulle het niemand om hulle te versorg nie (wel, nie heeltemal Niemand nie, maar jy weet wat ek bedoel) en tog, het jy al ooit een gesien wat nie gelukkig lyk nie? Ek het nog nie. Op die koudste dag van die winter gaan hulle aan met die lewe, kla nooit nie, gee nooit op nie, verwag niks meer nie, gelukkig om die son te sien opkom, om te kan vlieg.

 

Mooji se aanhaling kom tot gedagte : “Leave your existence to existence, stop caring for yourself so much and let the universe care for you; it is the best mother. There has to be some trust, not just belief, because trust is intimate… The very letting go will be observed in your presence.”

 

En so het my hele dag voort gegaan, een wonderlike openbaring na ‘n ander en ‘n diepe dankbaarheid dat ek hier is om dit alles te ondervind…

Wat het jy gister gedoen…?

… wat het jy gister gedoen wat die moeite werd is om te noem?
::
Ek het baie gedoen. Ek moes vroeg buitentoe gaan om te sien hoekom die hoenders so tekere gaan en het toe gesien hoe die son opkom agter die bome op die onderkant van ons plot. Dis min dat ek in die winter so vroeg buite is en dit was rééds op my lysie van dinge om te doen, om weer ‘n sonsopkoms te aanskou.
Op pad terug het ek op hierdie veer afgekom en natuurlik moes ek gou die kamera gaan haal. Hulle sê mos dis ‘n ‘blessing’ om op ‘n veer af te kom en ek het sommer gewéét dat my dag spesiaal gaan wees! Nog in my pajamus het ek met my stomende koppie koffie op die stoep in die koue gesit en myself verwonder oor die voëltjies wat van vroeg af al so vrolik die dag begroet. Hulle het niemand om hulle te versorg nie (wel, nie heeltemal Niemand nie, maar jy weet wat ek bedoel) en tog, het jy al ooit een gesien wat nie gelukkig lyk nie? Ek het nog nie. Op die koudste dag van die winter gaan hulle aan met die lewe, kla nooit nie, gee nooit op nie, verwag niks meer nie, gelukkig om die son te sien opkom, om te kan vlieg.
Mooji se aanhaling kom tot gedagte : “Leave your existence to existence, stop caring for yourself so much and let the universe care for you; it is the best mother. There has to be some trust, not just belief, because trust is intimate… The very letting go will be observed in your presence.”

En so het my hele dag voort gegaan, een wonderlike openbaring na ‘n ander en ‘n diepe dankbaarheid dat ek hier is om dit alles te ondervind…::