Die mooiste sprokie is die een in jou drome

 

diemooistesprokie

Ink skets en waterverf – Maree Clarkson

 

Drome het ook asem en trane en marteling, en die aanraking van blydskap; hulle lê swaar op ons gedagtes later, maar maak ons arbeid ook wel ligter; Hulle verdeel ons aandag, word deel van ons, soos die tyd self, en doen hul voor as boodskappers van die ewigheid.
— Vertaal vanaf Lord Byron

#MyAfrikaans

DisbosveldMooiKompetisie

Ek het op ‘n wonderlike Afrikaanse Webwerf afgekom, Afrikaans.com, dalk ken baie van julle dit al, en het toe sommer besluit om aan een van hulle kompetisies deel te neem. Ek sal dit regtig waardeer indien julle vir my prentjie “Dis Bosveld mooi” sal stem. Die inskrywings gebeur vinnig, so soek net vir die Koedoe met die Loerie, soos hier bo, om te stem. Ek seg by voorbaat dankie!

Op daai webwerf kan jy ook ontspan met die volgende kategorieë :

Die sluitingsdatum vir die eerste fase van ‘Wys ons hoe lyk jou Afrikaans en WEN’ is op 31 Augustus 2016. Die trekking vind plaas op 10 September 2016 waarna die wenner op http://www.Afrikaans.com aangekondig sal word.

Eenvoudige oomblikke

Begin jou week met eenvoudige oomlikke…

Gewoonlik kan jy die groot, onvergeetlike oomblikke in jou lewe op een hand tel, maar dis die alledaagse, klein eenvoudige dingetjies in ons dag wat die lewe so lekker maak. Soos om ‘n heerlike Cappuccino by die Wimpy te sit en drink, sommer so in die middel van die oggend.
Hulle motto is mos “Enjoy every moment” en om sommer net so te sit en gesels is presies dit. Om elke eenvoudige oomblik te geniet.
Op pad na die Wimpy…
Ek sê dankie vir alledaagse dinge…
::

Hoop

Ons almal het al die gesegde gehoor, “Solank daar lewe is, is daar hoop.” Maar as jy dit omdraai, “Solank daar hoop is, is daar lewe”, klink dit vir my soveel meer belowend… In die aangesig van enige krisis, of dit nou siekte is, of familie- of geldelike probleme, om to HOOP dat dinge gaan verbeter lei na ‘n vaste geloof dat dit wel gaan verander en verbeter. En dit plaas ons ook in die posisie van wat NOU aangaan in ons lewens – NOU is al wat is, NOU is die enigste wonderlike werklikheid wat ons almal het om die wonder van lewe op aarde te geniet, met mekaar te deel, en daardie woordjie “hoop” maak alles moontlik…

maar môre is ‘n nuwe
dag,
(môre mag mos mooi
wees)
môre sing die
bloukuifloerie
in die voortuin by die
hek
en sit tinktinkie dalk
weer op sy uitgesoekte
plek

ja môre bring weer
nuwe hoop
waar sy haar paadjie
trippeltreë mag loop
– Uittreksel uit Elizabeth Kendall se “Hoop”

.