Tee (en koffie) is nie net vir gesondheid nie! Het jy geweet jy kan met tee en koffie skilder? Tee (swart) gee ‘n lieflike ligte agtergrond vir die skildery en koffie (swart en sterk! Ek gebruik Nescafé kitskoffie) gee die pragtigste ryk en glansende donkerbruin skakerings.
Gebruik ‘n goeie gehalte waterverf papier (ek gebruik meesal Bockingford 300gsm, dis dik en frommel nie maklik wanneer dit nat word nie). Maak ‘n koppie sterk, swart tee en laat afkoel. Gebruik ‘n taamlike groot verfborsel en bedek die hele bladsy met die tee. Sodra dit droog is, kan jy begin met die koffie. Ek skets gewoonlik my prentjie eerste, die tee bedek nie die lyne nie.
Verf dan met jou koffie ‘n stuk donkerder agtergrond (jy kan die tee-agtergrond bo links in die skildery sien uitsteek) en verf dan jou skets met die koffie waar jy gewoonlik al die kleure sou sit. Maak seker jou eerste hale is donker genoeg, die koffie hou nie daarvan om weer bo-op geverf te word as dit eers droog is nie.
Eksperimenteer ‘n bietjie met die tee en koffie voor jy jou skildery aanpak. Verf koffie op koffie terwyl dit nat is, verf koffie op koffie wanner dit droog is, dan kan jy die verskillende effekte waarneem.
Geniet en wys vir ons wanneer jy klaar is!
Ek sit en lees hier vanuit my lekker warm bed in Blouberg! Jou koffie- en teeresep so saam klink heerlik. Ek en Katie sal dit verseker probeer. Groete!
LikeLike
Baie dankie Liz! Hoe heerlik! Is die Kaap koud? Geniet jou vakansie (en Katie!) en sien jou volgende week!
LikeLike
Slim!
LikeLike
Dankie Hester!
LikeLike
Ongelooflik!
LikeLike
Gaan jy dit probeer Stories?
LikeLike
Dis pragtig en so treffend!Ek sal maar die koffie en tee drink,want ek het nie ‘n kunstige hand nie.
LikeLike
Ha ha! Geniet dit dan maar Perdebytjie!
LikeLiked by 1 person