Koffie is ‘n moet

Koffie is ‘n moet om ‘n koue dag mee te begin. Hier waar ek bly op die Noordkus van Natal is ons geseënd met ‘n hele paar puik koffiewinkels.

‘n Koffiewinkel is ‘n plek om te vergader, gesels, te skryf, lees, mekaar te vermaak en waar nuus en inligting gedeel word. En koffie saam met ‘n vriend of vriendin is soos om geluk in ‘n koppie vas te vang.

Ek kan my nie die lewe voorstel sonder koffiewinkels nie! Dis waar ‘n mens gesellig kan verkeer met ‘n paar vriendinne, ek kan my niks lekkerder voorstel as ‘n heerlike koppie koffie en goeie geselskap nie. En ‘n besigheidsvergadering word sommer in ‘n japtrap omskep in ‘n gemaklike kameraderie oor ‘n koppie koffie.

En somtyds wil mens net alleen wees met jou gedagtes of ‘n goeie boek. Niks om jou te steur terwyl jy ontspan en dalk net mense dophou nie (‘n gunsteling tydverwyl van my).

‘n Koffiewinkel is ‘n plek om te vergader, gesels, te skryf, lees, mekaar te vermaak en waar nuus en inligting gedeel word. En koffie saam met ‘n vriend of vriendin is soos om geluk in ‘n koppie vas te vang.

 

 

 

 

 

 

1 thoughts on “Koffie is ‘n moet

Los 'n kommentaar, ek hoor graag van jou!