Ek het nog nie ‘n nuwe tuin nie…
Dit is nou 18 maande sedert ons uit Gauteng Natal toe verhuis het waar ons tydelik by my dogter in Ballito woon (totdat ons kan besluit of ons hier wil posvat of nie) en ek het tot dusver nog nie veel met my hande in die aarde gevroetel nie, behalwe om ‘n paar steggies vetplante te leen, steel en persent te kry nie. Potjies kan ek darem saam met my vat wanneer ons trek (hopelik binnekort!), aangesien ons tog besluit het om ons hier op hierdie pragtige Noordkus te vestig.
En alles is vreemd vir my – die voëls, die plante, die blomme en die bome-sonder-name. Tog herken ek baie bekendes wat ek al telkemale in my Gauteng-tuin probeer groei het, sonder sukses, soos die Koorsboom (Fever tree), Strelitzia nicolai en Strelitzia reginae en die Natal fig (Ficus natalensis). Van gras is daar geen sprake hier nie – die grasperke is kol-kol kalerig en glad nie weelderig soos Gauteng se kikuyu gras nie, wat hier heeltemal verbode is, want omtrent alles wat hier groei of geplant word is inheems.
Nou wat doen ek dan heeldag, hoor ek jou vra? Soggens word ek gegroet deur ‘n pragtige uitsig oor die see. Na ek gebad en aangetrek het, is dit tyd vir ontbyt of middag-ete by een van die talle wonderlike restaurante hier in Ballito, ‘n paar nodige inkopies by Woollies of die Spar en dan terug huis toe.
Op ‘n hittige somers-dag (en in die winter!) is dit heerlik om in of langs die swembad te ontspan en dan bietjie later binnenshuis by die lugverfrisser met ‘n spannende boek. Ek het by die biblioteek aangesluit en is vinnig besig om hulle Afrikaanse seksie heeltemal deur te lees!
En so twee of drie maal ‘n week stap ek en my man op die strand of die promenade saam met ons hondjie Jacko
Maar tot my ontsteltenis moet ek bieg dat ek in 18 maande nog nie weer aan ‘n verfkwas geraak het nie, nog nie weer iets geskilder het nie… My muse het heeltemal die hasepad gekies en my alleen en verlate agter gelaat. Maar dis net nog nog iets waarmee ek hoop om binnekort weer op dreef te kom…
Ek is bly jy is gelukkig hier vlak teen die Atlantiese oseaan. Die plantegroei is ‘n fees, en die see … nouja, daar is niks beter as see, branders en roomys nie. Het jy voorheen rolbal gespeel? Ons bring nou baie tyd deur op die rolbalbane hier rond (vir werkdoeleindes), maar ons speel nie self nie.
LikeLiked by 1 person
Ek stem, die plantegroei en die see… fantasties! Nee, het nog nooit rolbal gespeel nie, tyd om iets nuuts te leer! Sien uit daarna…
LikeLiked by 1 person
Die mense geniet dit verskriklik, maar ek is so ietwat ongedissiplineerd wanneer dit by spansport kom – ek verkies om my eie ding op my eie tyd te doen.
LikeLiked by 1 person
Ek stem, die plantegroei en die see… fantasties! Nee, het nog nooit rolbal gespeel nie, tyd om iets nuuts te leer! Sien uit daarna…
LikeLiked by 1 person
Nuwe dae, nuwe dinge. Jy gaan dalk nou heel nuwe stokperdjies aanleer.
LikeLiked by 1 person
Jy’s reg Toortsie, en sover dit stokperdjies aangaan, daar’s min wat ek nog nie probeer het nie!
LikeLiked by 1 person