‘n Huisie by die see

Ek droom al jare van ’n huisie by die see…
My droomhuisie êrens op ’n Suid-Afrikaanse kus….. Gemengde media – Ink, W&N waterverf en Akriel op Arches 300gsm ©Maree Clarkson

Sien SONDAGSIESTA in die groep Afrikaans

Pak op, pak op,
sit jou goedjies op jou kop
Môre gaan ons weg, ver van die weg
Skipskop, Skipskop,
wanneer hou die dinge op
swaarkry lê net voor,
die blou berge oor.
Overberg se mens, is ek gebore.
Op die plek Skipskop, nes my pa en sy pa ook.
Hier deur die duine, loop ons spore
Hier op die beach, hier langs die see is ek getoeë.
Maar wat ken ek anders, as die blou dam se branders
en die wolke en winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies
sê maar so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye.
Die linkerhand, of die regterhand
watse kant lê die pad, misverstand
’seblief meneer, ag sê my tog weer
is dít die pad wat ons moet môre vat
’n stukkie lê hier, en ’n stukkie lê daar
die stukkies van my lewe, hulle lê baie deurmekaar
so tel op, tel op vir shorty, en vir pop,
gaan haal vir Apie en hou daai kindjie dop.
Maar wat ken ek anders
as die blou dam se branders
die wolke en die winde wat hier waai
verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies,
sê maar so long,
Skipskop, skipskop
sê gooodbye

Advertisements

10 thoughts on “‘n Huisie by die see

  1. Sjoe dis baie mooi. My oupa het ‘n liefde gehad vir “kaapse huisies” soos hy dit genoem het en het by elke vlooimark, dankfees, second hand shops ens. sulke stukkies soos die gaan uitsnuffel. Die hele huis het vol van hulle gehang. Hierdie pragtige kunswerk bring soveel mooi memories terug.

    Liked by 1 person

      • Ja, dis ‘n plek hier aan die suidpund van Afrika. In die laat 1970’s, vroeg 1980’s het die regering baie grond uitgekoop by die boere. Die hele kuslyn by Bredasdorp is uitgekoop. ‘n deel van die grond is by die De Hoop Natuurreservaat gesit, (die seegrond wat aan my pa behoort het, ook) en die grootste gedeelte het die Overberg Toetsbaan ( deesdae DENEL) en ‘n lugmagbasis geword. Die hele dorpie, Skipskop, is ontruim, die mense hervestig. Dit was blankes sowel as kleurlinge. Dit was ‘n baie traumatiese tyd vir baie mense hier by ons.

        Liked by 1 person

      • Ook ek droom van huisie by die see

        Zal bij dromen blijven
        Ek woon 2 uur rijden van die see … Als ek er kom voelt het als thuiskomen

        Dankie vir die inloer bij mij (ek probeer een heel klein beetje jou taaltje te schrijven )

        Fijne lente dag

        Liked by 1 person

Los 'n kommentaar, ek hoor graag van jou!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s