Dis Bosveldmooi!

W&N waterverf op Bockingford 300gsm en Stabilo FinePoint swart pen – ©Maree Clarkson

.
Daar waar die Bosveld Loerie
skugter vir my loer –
Sit ek in die skadu
van ’n wilde vyeboom…

’n Mierleeu wag in sy tregter wip…
geduldig op sy prooi –
onverwags, verseker, ongenooi…

DIT IS WONDERLIK !
DIS BOSVELD MOOI …
As die son vassteek
in ’n droë doringboom se mik

’n Ystervak pen vertel ’n storie
van ’n Jakkals se spoor ~
Pynlike onderonsie
in ’n tipiese krygverhoor …

Vlinders oor die gras probeer
vergeefs die stilte breek ~
maar dis ’n geskenk van môre
aan my dankbare siel …

DIT IS WONDERLIK!
DIS BOSVELD MOOI …
As die son vassteek
in ’n droë doringboom se mik

Met ’n vlerk klapgeluid
spring ’n sprinkaan voor my uit –
’n druppel dou
aan ’n spinnerak
die veld
se diamant…

’n Voetpad kronkel skuins na bo,
Waar die Koedoes rustig wei …
ongerepte skoonheid,
vry …

DIT IS WONDERLIK!
DIS BOSVELDMOOI ..
As die son vassteek
in ’n droë doringboom se mik…
~ Uit DOZI se Album “Kruispad”

Advertisements

2 thoughts on “Dis Bosveldmooi!

Los 'n kommentaar, ek hoor graag van jou!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s