Winter – Hoor die blomme en die blare…

‘Hoor die blomme en die blare 
bewend van die winter praat, 
doodgedoemde martelare, 
siek en van die son verlaat. 
O, bly by my, beminde teer, 
dan bloei in my die somerblomme weer.’ 
– Onbekend
‘n Brawe veldblommetjie op ons kleinhoewe. Selfs die ysige paar dae wat ons nou ondervind kannie die lewenslus van hierdie pragtige blommetjies demp nie! Wel, nog nie heeltemal ysig nie, maar koud genoeg om die verwarmer nader te skuif vroeg in die oggende en vir die elektriese kombers in die aand.  Dis nie lank terug dat ons verlep het onder die hittegolf wat ons ondervind het nie, en hoe het ek net nie vir winter gesmag nie! Noudat sy uiteindelik hier is, en ons (ek!) kla oor die koue, is dit maklik om te vergeet hoe vreeslik daardie hitte en droogte was. Na die eerste reën en koeler weer was dit amper onmiddellik vergete. Dis soos geboorte gee, die verskriklikste pyn onder die son, maar onmiddellik vergete sodra dit verby is. Mag ons hierdie winter geniet net soos ons ons kinders geniet na daardie vreeslike pyn.
::

9 thoughts on “Winter – Hoor die blomme en die blare…

Los 'n kommentaar, ek hoor graag van jou!