My eie stukkie paradys

.

Dit verbaas my altyd hoe gelukkig my tuin my maak. Hoe belangrik dit vir my is…
Ek is gegrond hier, in my eie stukkie paradys.
 Jy sou lag as jy dit moet sien, dis gladnie ‘n perfekte paradys nie! Inteendeel, heeltemal die teenoorgestelde. Dis ‘n gebrekkige weergawe wat tyd en geduld nodig het om die skoonheid te sien. ‘n Effense wilde, ongetemde weergawe wat my aan die wonder hou.
Moeder Natuur verspil geen tyd om terug te neem wat hare is wanneer jou rug gedraai is nie.
Vol geheime en kleinode, modder en bloeisel, dorings en varings. Vol lewe. Selfs in winter.
Maar noudat ek daaraan dink, dalk IS dit tog heeltemal perfek…
.
 .
::
Advertisements

8 thoughts on “My eie stukkie paradys

  1. Iemand het eendag vir my gesê:” 'n Mens se tuin hoef net vir JOU mooi te wees!” Ek dink dis die belangrikste, jou eie asemskep-plekkie, jou tuiste, jou skadu's en jou sonkolle. Geniet jou tuin Maree! En dankie, nou het jy my sommer ook weer aangespoor om iets op 'n blog te skryf!

    Like

  2. Ek dink altyd aan Helen Martins (van die Uilhuis) wat vir 20 jaar in haar huis en tuin uitgelewe het, sonder enige behoefte vir die wereld daar buite.

    Sy het dit met hakkiesdraad toegespan en die woorde “This is my world” daarop gevleg.

    Liked by 1 person

  3. Wat 'n goeie idee Gert! Ek kan dit sommer more doen! En hoe het jy so diep in my siel gekyk en geweet ek self het ook geen behoefte aan die wereld daar buite nie? Ek is heel Gelukkig net hier tussen my plante en my hoenders! Dankie vir die inloer, waardeer dit.

    Like

Los 'n kommentaar, ek hoor graag van jou!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s