My Krismisroosblomme het verbete geklou dwarsdeur die winter maar skielik was hulle definitief op hul laaste. Ek het die laaste paar blomme gepluk, in bietjie water gesit, nog ander opgehang om droog te word en ‘n paar in ‘n mandjie gepak om ook droog te word.
Al ooit gesit en wonder hoe kry jy die blomkleure van krismisrose na jou sin (pienk of blou)? Die kenners sê blom kleur word beinvloed deur die grond:
1) Suurgrond gee donkerblou blomme – Dit kan aangehelp word deur Shake and Grow Blue toe te dien of eierdoppe in die grond te werk.
2) Alkaliese grond gee pienk/rooi blomme – Dit kan aangehelp word deur Shake and Grow Pink of landboukalk toe te dien. Onthou net dat die grond toestand nie “oornag” verander kan word nie, so begin dus reeds in die winter maande met jou toediening. (Wit blomme se kleur kan nie verander word na pienk of blou nie.)
Maar nou verstaan ek nie hoe is dit dan dat ek beide pienk en pers blomme aan een bos het nie!
Jy’s reg. By ons huis in Gauteng het ek een hele akker krismisrose in verskillende kleure gehad. Pragtige voorstelling saam met die wit rose wat jy daar gedoen het.
LikeLike
Jis, ‘n hele akker?! Dit moes ‘n fantastiese gesig gewees het Hester! Myne sukkel om te groei, ek dink hulle is dalk in te veel skaduwee, maar selfs in die skadu verlep hulle in die verskriklike hitte, soek baie water hier by my.
LikeLiked by 1 person
O ja, hulle is watervrate. Ek het myne teen die motorhuis se muur gehad waar hulle voormiddag son gekry het, maar dan was hulle die hele middag in die twee ou groot peperbome se skaduwee.
LikeLiked by 1 person