Koebaai aan die winter

‘n Laaste koebaai aan die winter wat nou agter die rug is hier in Gauteng – op die oomblik beleef ons hittige somerdae, lente was sommer maar net ‘n geruggie wat gou verby gevlieg het. My perskeboom het te midde van al die koue pienk botsels uitgestuur en toe sommer, voordat die bloeisels behoorlik oop was, haar groen blaartjies die somer laat verwelkom.

Ek hou van die winter, maar Lente is eintlik my gunstelingseisoen – heerlike middelmatige dae, groen wat oral in die landskap verskyn en reën wat verligting bring vir al ons fauna en flora.

(Waterverf op Bockingford 300gsm – Maree)

Ons was hierdie winter nie so gelukkig nie, ons plot het nie die verwoestende veldbrande vrygespring nie en alhoewel ons die nodige voorbereidings getref het, was die gras baie droog en die Augustus winde (eers in September gekom!) het saam gespeel om die vlamme die hele plot vol te blaas. Nou sien ek net uit na die reëns wat maar net nie wil kom nie…

.

Advertisements

3 thoughts on “Koebaai aan die winter

  1. Ek mis nogal die Gauteng oorgang van winter na lenter – kaal bome en struike stoot oornag groen blare en kleurvolle bloeisels uit. Hier by ons (KZN) is dit mos maar heeljaar groen. Ek mis net nie Gauteng se gruwelike koue winters nie. Pragtige skildery.

    Like

    • Baie dankie Hester! Dit is, die een oomblik is die bome kaal en skielik is die Celtis vol groen botseltjies. En daai heeljaar-groen van julle verbaas my altyd as ek Julie-maand Ballito toe gaan! En die feit dat ek skaars ‘n baadjie nodig het daar in Julie. Sal vreeslik graag in Ballito wil bly (my dogter is daar), maar daai hitte in die somer sal my dood maak!

      Liked by 1 person

      • Ek hou weer van die hitte (swem baie graag), maar tot my verbasing het ek uitgevind dat die winters ook maar koud kan word. Ons is nader aan Hibberdene en woon op ‘n bult waar daar altyd ‘n koel windjie trek.

        Liked by 1 person

Los 'n kommentaar, ek hoor graag van jou!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s