Ek wens jou ‘n rooi-tekkie dag!

Ek het ‘n regte probleem om tekkies te vind waarvan ek hou met die gevolg dat, wanneer ek wel iets vind, ek sommer ses pare koop in al die kleure! Die probleem is gewoonlik dat óf die sole is te dik wat jou laat voel jy loop op “wedges”, óf die tone krul op, óf hulle het liggies wat flits as jy loop óf hulle kom te hoog, tot amper by die enkel, óf hulle is in die helderste kleure van pers en lemmetjiegroen! Ek hou van plein, eenvoudige tekkies, verkieslik wit en nie met “stars and stripes” langs die kante nie.

Die paar wat ek hier bo geskets het is een van my gunsteling pare – eenvoudig, seildoek met veters. Ek het hulle in wit, rooi, donkerblou en swart. En ja, hulle is so skoon soos in die skets, ek haat vuil tekkies!

Variasies van rooi

• Skarlaken – ‘n rooi wat na rooi-oranje neig, en geen blou bevat nie.
• Vermiljoen – ‘n vurige rooi wat na effe meer na rooi-oranje neig as skarlaken, en wat van sinnaber, die kunsmatige rooi kwiksulfide was as pigment gebruik word, voorberei word.
• Karmosyn – ‘n rooi wat geen geel bevat nie, en na rooi-violet neig.
• Venesiaanse Rooi (ook bekend as Indiese Rooi en Indiaanse Rooi) – ‘n bruinerige rooi wat van ystersulfied voorberei word.
• Brandweerwarooi – ‘n helderrooi wat gereeld op noodvoertuie gebruik word.

Rooi is darem maar mooi! Dis ‘n kleur vol passie, wat liefde aandui en en wanneer jy rooi dra, sprankel jy sommer!

 (foto vanaf ‘Beeld’)
(Meeste foto’s vanaf WikiCommons)
::
Advertisements

3 thoughts on “Ek wens jou ‘n rooi-tekkie dag!

  1. Ek is MAL oor rooi. Vroeër baie rooi gedra, maar noudat ek grys is, dra ek skielik nie so baie rooi nie.
    Vanoggend moes ek vinnig dorp toe, en het ‘n rooi hemp aan. Net rooi lipstiffie, geen ander grimering nie.
    Toe kom ‘n vreemde vrou na my, sy sê: Jy lyk so mooi, jy moet jou kop altyd hoog dra. .. wondrlik wat ‘n stukkie rooi kan doen, né?

    Liked by 1 person

Los 'n kommentaar, ek hoor graag van jou!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s